BROEKIES

Konsep · vir regsoorsig · nie finale regsadvies nie

Privaatheidsbeleid

Broekies respekteer jou privaatheid en volg die beginsels van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA).

Wat ons versamel

Slegs wat jy in ons vorms invul: naam, e-pos, opsionele WhatsApp-nommer, grootte, dorp, ouderdomsgroep en jou antwoorde. Ons versamel ook 'n anonieme, gehashte tegniese kode om spam te keer.

Hoekom

Waglys: om jou oor die bekendstelling in te lig. Toetsers: om prototipe-toetsers te kies. Boodskappe: om moontlike Broekies-boodskappe te oorweeg. Bemarking stuur ons slegs as jy apart daarvoor ingestem het.

Wie toegang het

Slegs gemagtigde Broekies-administrateurs. Ons verkoop nooit jou inligting nie.

Jou regte

Jy kan enige tyd vra om jou inligting te sien, reg te stel of te skrap, of jou toestemming terugtrek. Kontakbesonderhede volg binnekort op die kontakbladsy.

Bewaring

Ons hou jou inligting slegs so lank as wat nodig is vir die doel waarvoor dit gegee is.